Die spelers wat vandeesmaand provinsiale kontrakte gaan onderteken vir nuwe spanne in ’n gewysigde struktuur vir plaaslike krieket, sal daarin lees dat daar van hulle verwag sal word om ook klubkrieket te speel.
’n Klousule oor die beskikbaarheid en die verpligting om klubkrieket te speel, sal glo in die nuwe kontrak ingesluit word.
Een van die doelstellings van die herstrukturering is om die standaard van klubkrieket te verbeter deur spelers in dié ligas te betrek soos in die verlede by unies gedoen is.