Krieket Wellington (CW) sal Dinsdag in ’n verhoor die lot bepaal van ’n klubspeler wat glo ’n rassistiese uitlating gemaak het teenoor ’n kolwer van die teenstanders terwyl hy besig was om terug te stap.
Cam Mitchell, uitvoerende hoof van CW, het volgens Stuff.co.nz bevestig dat die liggaam van “ ’n ernstige voorval van rassisme” tydens ’n wedstryd Saterdag op Naenae Park bewus gemaak is.
Spelers van Victoria-Universiteit het geweier om verder te speel op die eerste dag van hul tweedag-stryd in die Hazlett-trofee nadat ’n veldwerker van Naenae Old Boys een van hul kolwers glo ’n “ n****r” genoem het.