’n Senior regsgeleerde en ’n spesialis in konflikoplossing het Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad gewaarsku dat hulle die verkeerde roete volg met hul dissiplinêre optrede teen Graeme Smith en Mark Boucher.
“Ek en Oscar Siwali het vir Lawson Naidoo gesê dat bemiddeling ’n beter opsie sou wees as ’n ‘baklei-opsie’, soos arbitrasie of tugstappe,” het adv. Alan Nelson SC die afgelope week aan Rapport gesê. Nelson was ’n kandidaat vir die pos van hoofregter en is ’n bemiddelingspesialis.
“Ons het hulle gesmeek: ‘Asseblief, kom ons bemiddel.’ (KSA) het ons geïgnoreer.”