Krieket Suid-Afrika (KSA) het die rooi tapyt vir Australië uitgerol.
Hy het agteroor gebuig om die Aussies te probeer gerusstel en te akkommodeer. Die doelpale is vir die besoekers verskuif. Groot onkoste is aangegaan.
Dat Krieket Australië (KA) ná dit alles besluit het om sy toer na Suid-Afrika te kanselleer, is vir die Protea-span ’n skop in die maag.