Jos Buttler het met sy vierde honderdtal (106*, 60b, 10x4;6x6) vanjaar in die Indiese Premierliga (IPL) die Rajasthan Royals se plek in Sondag se eindstryd teen die Gujarat Titans bespreek.
Die Royals het die Royal Challengers Bangalore se 157/8 in die tweede uitspeelstryd Vrydag in Ahmedabad met 161/3 in 18.1 beurte oortref.
Buttler, die reeks se topkolwer met 824 lopies, het vroeër die week 89 vir die Royals teen die Titans aangeteken.