Die Indiese o.19-krieketspan (307/5), gestroop van sy kaptein, onderkaptein en vier ander spelers weens Covid-19, het Ierland (133) Woensdagaand met 174 lopies in hul Wêreldbeker-wedstryd in die Karibiese Eilande getroef.
Indië het met dié sege in Tarouba, Trinidad en Tobago, sy plek in die kwarteindronde van die toernooi bespreek.
Luidens ’n berig in The Times of India is Yash Dull (kaptein), sy adjudant, Shaikh Rasheed, en nog vier spanmaats vroeër vandeesweek positief vir die koronavirus getoets. Hulle is afhangend van verdere PCR-toetse in isolasie geplaas.