Beuran Hendricks het met ’n ses van die laaste aflewering die Westelike Provinsie met een paaltjie laat wen in sy spannende eendagwedstryd teen die Lions Sondag op die Wanderers.
Die Kapenaars het drie lopies benodig toe Hendricks (9*, 10 b) die middebaan-grens luglangs gevind het met die laaste aflewering van die wedstryd, wat deur Wiaan Mulder afgestuur is.
Die WP het daarmee met 190/9 geantwoord op die 186 waarvoor die tuisspan vroeër uitgeboul is.