Aan die vooraand van die eindstryd van die Wêreldbeker-kriekettoernooi vir vroue sou die skittervertonings van ’n paar Engelse jong spelers nie ongesiens verbygegaan het in die Australiese kamp nie.
Die Aussies en Engeland pak mekaar Sondag in die eindstryd van die Wêreldbeker in Christchurch, nadat die Aussies maklik gewen het teen die Windies en die Britte maalvleis gemaak het van Suid-Afrika se Proteas.
Sophie Ecclestone (22), Sophia Dunkley (23) en Charlie Dean (21) was van Engeland se uitblinkers in hul sege met 137 lopies teen Suid-Afrika.