Die Protea-kolwer Farhaan Behardien was Maandagaand op ’n vlug na Engeland om hom uiteindelik by Durham se krieketspan aan te sluit.
Dié 36-jarige middelorde-staatmaker van die Titans het gedurende die Suid-Afrikaanse seisoen ’n Kolpak-kontrak met die graafskap gesluit.
Behardien en talle ander Suid-Afrikaners het te midde van die Covid-19-pandemie gesukkel met vlugte en visums. Sommiges, soos Hampshire se Kyle Abbott en Rilee Rossouw, het daarom besluit om vanjaar eerder in Suid-Afrika te bly.