Jan Frylinck, ’n voormalige speler van die Noord-Kaap, het met ’n veelsydige vertoning uitgeblink in Namibië se sege met 22 lopies oor die Knights in die spanne se vierde T20-wedstryd Woensdag in Bloemfontein.
Die buurland het met dié sege ’n onaanvegbare voorsprong van 3-1 in die reeks van vyf wedstryde geneem.
Die 27-jarige Frylinck het met ’n onoorwonne 54 lopies van net 29 balle Namibië gehelp om 189/5 aan te teken nadat hy 62/3 ná die eerste tien beurte gehad het. Die tuisspan is toe tot 167/7 beperk.