Die Protea-kolwer Christiaan Jonker se skuif na die Boland het baie te make met sy planne vir die dag wanneer hy sy wilgerlat gaan wegpak.
Hy mik na ’n loopbaan in afrigting en sê die klomp skole daar en in die Kaap het heelparty geleenthede vir toekomstige breiers te bied.
Hy dink egter nog nie aan uittree nie.