Chad Bowes is die nuutste Suid-Afrikaner wat in Kiwi-kleure op die krieketveld kan uitstap.
Die 30-jarige Bowes, ’n oud-leerling van Kearsney wat die Suid-Afrikaanse span in 2012 se o.19-Wêreldbeker-toernooi aangevoer het, is een van twee nuwelinge in die Nieu-Seelandse groep vir die komende eendagreeks teen Sri Lanka.
Die reeks van drie wedstryde begin op 25 Maart in Auckland.