’n Promosie-relegasie-uitspeelstryd, eerder as outomatiese relegasie, is dalk eerder die regte manier om spanne se lot te bepaal.
So sê Johan van Heerden, uitvoerende hoof van die Knights, nadat sy span na Afdeling 2 van provinsiale krieket gerelegeer is.
Dit beteken dat die voorste krieketspan van dié streek vir die eerste keer sedert die middel 1980’s nie in die land se topligas gaan speel nie.