Virat Kohli moet sy ego laat vaar om onder ’n nuwe kaptein te speel, waarsku die legendariese voormalige Indiese krieketster Kapil Dev.
Die 33-jarige Kohli het Saterdag as Indië se toetskaptein bedank nadat sy span sy reeks teen Suid-Afrika met 2-1 verloor het.
Hy het reeds verlede jaar die leisels van die T20-span neergelê en is kort daarna afgedank as die kaptein van die eendagspan.