Daar is ’n wonderlike foto op sosiale media van Farhaan Behardien wat skoongeboul word deur Duanne Olivier in die Lions en Knights se vierdagwedstryd op die Wanderers verlede week.
Die foto is van die regby-grens geneem, en jy kan sien hoe Behardien soos ’n sprinkaan hop terwyl die bal onder sy kolf deurskiet en sy paaltjies tref.
Die Lions is só gaande oor Olivier se vaart, dat hulle hom die “furniture remover” begin noem het nadat hy reeds 28 paaltjies in sy span se eerste vier wedstryde van die seisoen platgetrek het.