Die Lions-krieketspan is die nuwe meerdagvoorloper ná sy sege oor die Dolphins nadat die Titans se eindkolwers Junior Dala en Lungi Ngidi 141 balle tussen hulle trotseer het om die Knights ’n sekere sege te ontsê.
Die meerdagreeks hervat eers weer op 19 Desember met die vyfderonde-wedstryde.
Die Lions het met ’n beurtoorwinning oor die Dolphins in Johannesburg gewys hulle is van plan om met ’n groot poging vorendag te kom om hul meerdagtitel te verdedig, berig Tinus van Staden.