Uiteindelik!
Die Cape Cobras het ná sewe agtereenvolgende nederlae Vrydag hul eerste wedstryd van die seisoen gewen. Die Kapenaars het die Lions in die Eendagbeker-reeks in Potchefstroom met 76 lopies getroef. Dit was hul derde wedstryd in die reeks.
Die Malan-broers, Janneman (95 van 97 balle, 12x4) en Pieter (53 van 83 b; 4x4), het met ’n vennootskap van 131 om die aanvangspaaltjie die grondslag vir die oorwinning gelê.