Die Paarl Rocks se aanvangskolwer Isma-eel Gafieldien het sy honderdtal gister net-net misgeloop op die derde dag van sy span se meerdagwedstryd teen die Titans in Paarl.
Gafieldien is vir 97 uitgeboul in sy span se eerste kolfbeurt. Die Rocks is vir 234 uitgeboul, waarna die Titans teen uitskeityd op 96/3 gestaan het. Die besoekers begin die vierde dag met ’n voorsprong van 170 lopies.
Slegs tien boulbeurte kon in Johannesburg geboul word in die wedstryd tussen die Lions en die Knights voordat reën begin uitsak het.