’n Virus wat ’n klomp van die Knights-krieketspelers platgetrek het, het Pat Kruger straks Saterdag in Potchefstroom sy eerste dubbele honderdtal ontsê teen die Dragons.
Hy was gestrand op 192 lopies nadat Nealan van Heerden nie in die Knights se eerste beurt van 418/9 kon kolf nie.
Raynard van Tonder het op die eerste dag sy kolfbeurt vir ’n ruk gestaak en later hervat omdat hy sleg gevoel het.