Die Lions se lopiemasjien Ryan Rickelton het met sy tweede 100-tal in drie wedstryde sy span op koers gekry om ’n derde agtereenvolgende oorwinning in die provinsiale meerdagreeks te behaal.
Rickelton (117, 140b 19x4) het die tuisspan Vrydag op die tweede dag op die Wanderers gehelp om 350 in hul eerste beurt aan te teken in antwoord op die 170 van die Rocks op die eerste dag.
Duanne Olivier (3/16) het die Bolanders toe met uitskeityd op 31/3 in ’n oorlewingstryd gedompel. Dit is ’n agterstand van nog 149 lopies in hul tweede beurt.