Die direksie van die Oostelikes-krieketunie se wens vir ’n stemproses geskoei op rasblokke sal in die volgende maand óf die groen lig kry óf by die voordeur uitgegooi word.
Dít volg ná ’n besluit verlede Saterdag op ’n vergadering tussen die unie se raad en klubvoorsitters by Willowmoore-park om ’n spesiale algemene vergadering te belê waar oor die kwessie gestem sal word.
Die direksie, onder leiding van die huidige president, Thato Moagi, wil die grondwet verander om te verseker dat wit klubs net vir wit direksielede kan stem, swart klubs net vir swart direksielede, ensovoorts.