Marizanne Kapp het die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan Maandag nie net van rooi gesigte in die toets teen Engeland gespaar nie, sy het ook ’n stukkie geskiedenis gemaak.
Kapp (150, 213 balle; 26x4) het die Proteas gehelp om 284 in 91.4 boulbeurte in hul eerste kolfbeurt op die eerste dag van die toets in Taunton te behaal. Dit is die hoogste telling deur ’n Suid-Afrikaanse vrou in toetskrieket tot nog toe.
Die Engelse sal Dinsdagoggend hul kolfbeurt begin.