Die Protea-krieketspeler Laura Wolvaardt is een van sewe Suid-Afrikaanse vroue wat vandeesmaand in die FairBreak T20-toernooi in aksie gaan wees.
Die toernooi, wat tussen ses spanne beslis word, word van 3 tot 16 April in Hongkong beslis.
Wolvaardt het die T20-Wêreldbeker-toernooi, wat in Februarie in Suid-Afrika beslis is, as die voorste lopiemaker afgesluit. Sy het toe 230 lopies in ses kolfbeurte teen ’n treftempo van 106.48 aangeteken.