Hoewel die Protea-vrouespan verlede jaar laas T20-krieket gespeel het, het spelers soos Laura Wolvaardt en Ayabonga Khaka die laaste tyd heelwat wedstrydoefening in die kortste formaat van die spel gekry.
Suid-Afrika en Ierland kom Vrydag in Dublin in die eerste van drie T20-wedstryde teen mekaar te staan. Daarna sal die spanne ook drie eendagwedstryde teen mekaar speel.
Wolvaardt, Khaka en Suné Luus – wat die Proteas in Ierland aanvoer – was almal verlede week in aksie in die T20 Challenge-toernooi in Indië.