Duanne Olivier is op die randjie daarvan om weer vir die Proteas krieket te speel.
Olivier, ’n gewese Kolpak-speler, het onlangs gesprekke met die nasionale keurders gehad, nadat hulle kennis geneem het van die snelbouler se uitstaande spelpeil vir die Lions in die meerdagreeks.
Olivier kan reeds betrek word vir die reeks van drie toetse teen Indië, wat geskeduleer is om middel Desember in Johannesburg te begin.