’n Skouerbesering in die afgelope week se graafskapwedstryd teen Nottinghamshire het David Bedingham se kans geknou om druk op die Protea-toetskolwers te plaas.
“Ek sien Maandag (môre) ’n spesialis in Manchester oor my linkerskouer. Ek het dit ontwrig toe ek vir ’n bal geduik het. Ek hoop op goeie nuus, maar soos ek nou voel, gaan ’n operasie dalk nodig wees. Dan sal ek nie reg wees as die Westelike Provinsie se seisoen op 18 Oktober begin nie,” sê Bedingham.
Sy naam het vroeër vanjaar die krieketopskrifte oorheers toe hy vroeër van sy kontrak met die WP vrygestel is om hom voltyds op Engelse krieket toe te spits. Sy agent, Arthur Turner, het toe gesê Bedingham wil kwalifiseer om vir Engeland te speel. Dit blyk hy het intussen van plan verander en het Protea-kleure in sy visier.