Mark Boucher, Protea-afrigter, het Dinsdag in ’n verklaring gesê hy verwelkom Krieket Suid-Afrika (KSA) se besluit om onvoorwaardelik alle klagte teen hom terug te trek, maar gee toe dat hy deur ’n beproewende tyd is.
KSA het vroeër Dinsdagoggend gesê daar is nie enige gronde om met die dissiplinêre klagte, insluitende dié van rassisme, teen Boucher te volhard nie.
Boucher sou hom tussen 16 en 20 Mei in ’n tugverhoor onder voorsitterskap van adv. Terry Motau moes verdedig op klagte van growwe wangedrag.