Temba Bavuma, kaptein van die Proteas, sê hulle is al nader aan die positiewe krieket wat hulle wil speel en het die vertoning in die laaste eendagwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande as ’n waterskeidingsoomblik beskryf.
Suid-Afrika het die derde wedstryd tussen die spanne Dinsdag in Potchefstroom – met Heinrich Klaasen aan die voorpunt met ’n onverskrokke kolfbeurt – met vier paaltjies gewen deur 264/5 in net 30 beurte te moker.
Die reeks het daarmee met 1-1 gelykop geëindig.