Geen kaartjies gaan vir die eerste toets tussen Suid-Afrika en Indië verkoop word nie.
Dié toets begin op 26 Desember op SuperSport-park in Centurion.
Pholetsi Moseki, Krieket Suid-Afrika (KSA) se waarnemende uitvoerende hoof, het by navraag gesê hulle sal eers vroeg dié week ’n finale besluit neem, aangesien pres. Cyril Ramaphosa die land nog nie weer in die laaste twee weke toegespreek het nie. Die huidige Covid-19-regulasies laat 2 000 toeskouers toe, maar Rapport verneem daar sal geen toeskouers buiten ’n paar losiehouers en afgevaardigdes toegelaat word nie.