Moenie oorhaastig wees met Tristan Stubbs in die Proteas se T20-span nie.
Daar is nog ’n paar tegniese probleme in sy mondering wat hom kan pootjie, meen Eric Simons. Dié voormalige Protea-breier is deesdae die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga (IPL) se boulafrigter.
“Ons (Chennai) het ’n paar wedstryde gelede teen Stubbs-hulle (Mumbai Indians) gespeel. Ons het voorberei vir hom en het swakplekke in sy mondering raakgesien,” sê Simons.