Die Proteas se Heinrich Klaasen het vuur met vuur beveg om met ’n onoorwonne honderdtal die eendagreeks teen die Wes-Indiese Eilande Dinsdag in Potchefstroom gelykop te laat eindig.
Klaasen het 119* (61 balle, 16x4; 5x6) aangeteken in Suid-Afrika se oorwinning met vier paaltjies in die derde en laaste wedstryd. Sodoende is die reeks met 1-1 gedeel.
Die Proteas (264/6) het met dié slagter daar die wenlopies reeds in die 30ste beurt bereik.