Krieket Suid-Afrika (KSA) het sy tugsaak teen Mark Boucher, afrigter van die Proteas, laat vaar.
Die beheerliggaam het dié aankondiging Dinsdagoggend in ’n verklaring gedoen en gesê dat daar nie enige gronde is om te volhard met die dissiplinêre klagte, insluitende dié van rassisme, teen hom nie.
“KSA het formeel en onvoorwaardelik al die klagte teen mnr. Boucher teruggetrek en sal bydra tot sy regskoste,” lui die verklaring.