Lance Klusener en Shukri Conrad is van die groot gunstelinge om die Proteas voortaan te brei.
Hulle is saam met Rob Walter, Richard Pybus, Adrian Birrell en Malibongwe Maketa op die kortlys vir die twee Protea-breiersposte, verneem Rapport.
Die nasionale krieketspan sal voortaan twee afrigters hê – een vir witbalkrieket en een vir toetse. Krieket Suid-Afrika (KSA) hoop om die nuwe afrigters middel Januarie aan te kondig, sê Enoch Nkwe, direkteur van krieket.