Die Suid-Afrikaanse boulaanval kán in Indiese toestande funksioneer, sê die Protea-boulafrigter Charl Langeveldt.
Hy is vol vertroue dat die span ’n spogvertoning sal lewer in die reeks van vyf T20-wegwedstryde teen Indië, wat op 9 Junie in Delhi begin.
Langeveldt sê die Proteas het hul eendagreeks teen Indië vroeër vanjaar in die Paarl en op Nuweland met 3-0 beklink, ondanks die feit dat die stadige toestande tot voordeel van die besoekers was. Dis ’n teken dat Suid-Afrika die aanpassing na stadige toestande suksesvol kan maak.