2021 was ’n vreemde jaar vir die Proteas.
In toetskrieket lê daar nog ’n lang pad voor as Suid-Afrika die gloriejare van Graeme Smith se span wil laat herleef, maar hulle het darem vir ’n slag weer ’n wegreeks gewen. In eendagkrieket flikker die gevaarligte met slegs drie oorwinnings in agt voltooide wedstryde en ’n nederlaag teen Ierland. Maar in T20-krieket het die span verbasend goed vertoon, met 15 oorwinnings in 23 wedstryde.
Dit is werklik ’n geslag Proteas gestroop van die wêreldsterre van die onlangse verlede. AB de Villiers is nie meer daar nie, ook nie Smith, Jacques Kallis, Dale Steyn, Hashim Amla, Vernon Philander of Morné Morkel nie.