Nederland het Sondag die loot voor die begin van die derde eendagwedstryd teen die Proteas op die Wanderers in Johannesburg gewen en besluit om Suid-Afrika in te stuur om te kolf.
Die Proteas moet dié wedstryd wen as hy regstreeks wil kwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi wat later vanjaar in Indië gespeel word.
Met ’n oorwinning sal Suid-Afrika die Wes-Indiese Eilande verbysteek.