Die Proteas sal in alle waarskynlikheid in volgende maand se toetsreeks teen Nieu-Seeland weer sonder die voorslagbouler Anrich Nortjé wees.
Die 28-jarige Nortjé het die toets- en eendagreekse teen Indië weens ’n heupbesering misgeloop. Dis egter nog onduidelik presies wat die omvang van die besering is.
Krieket Suid-Afrika se mediese span het op ’n navraag oor die bouler se vordering vandeesweek net laat weet hy het “weer begin oefen”.