Die eerste eendagwedstryd tussen die Proteas en Wes-Indiese Eilande is Donderdag in Oos-Londen weens deurdringende reën afgelas sonder dat ’n enkele aflewering geboul is.
Dit was die derde eendagwedstryd van die Proteas wat al weens eendeweer op Buffalopark in die slag gebly het.
Geen reën word egter voorspel vir die tweede wedstryd in die reeks, wat Saterdag ook daar gespeel word.