Die Proteas is op hete kole om uit te vind of sy witbal-kaptein, Temba Bavuma, die komende toer na Engeland gaan meemaak.
Bavuma het Dinsdag ’n skandering ondergaan nadat hy sy elmboog op die toer in Indië beseer het. Hy het die besering in Vrydag se vierde T20-stryd teen Indië in Rajkot opgedoen.
Die Proteas hoop om Woensdag duidelikheid oor Bavuma se status te kry.