Hul afrigtingspan is daar om te help inligting te versamel, wat aangewend kan word om die Proteas hul beste kans in ’n Wêreldbeker-toernooi te gee.
So sê JP Duminy, nuwe kolfafrigter van die Proteas in witbalkrieket.
“Dis uiteindelik hoekom ons hier is. Dis vir daardie ding wat ons al vir so baie jare ontwyk,” sê Duminy met verwysing na Suid-Afrika se soektog na ’n eerste Wêreldbeker-titel.