Die Proteas se drie komende eendagwedstryde teen Nederland is allermins ’n weggooi-reeks.
As Suid-Afrika teen die Nederlanders gly, kan hy die lewe vir homself baie moeilik maak wat kwalifisering vir die Wêreldbeker-toernooi in 2023 in Indië betref.
Spanne kwalifiseer vir die WB-toernooi deur die Internasionale Krieketraad se Superliga, waarvolgens alle eendagwedstryde – insluitend die komende reeks teen Nederland – punte tel.