Temba Bavuma se derde honderdtal as Suid-Afrikaanse kaptein die afgelope twee maande was Saterdagaand nie genoeg om die Proteas van ’n nederlaag met 48 lopies teen die Wes-Indiese Eilande te weerhou in die tweede eendagwedstryd op Buffalo-park in Oos-Londen nie.
Die Windies het eerste gekolf en 335/8 behaal danksy ’n manjifieke 128 van 115 balle deur Shai Hope met vyf viere en sewe sesse.
Suid-Afrika het geantwoord met 287 lopies en is veral aan bande gelê deur die snelbouler Alzarri Joseph, met 3/53, en die linksdraaier Akeal Hosein, wat 3/59 ingeoes het.