Spelers se werklading is beslis ’n gesprek wat gevoer moet word, veral omdat dit ook ’n jaar is waarin daar ’n Wêreldtoernooi is.
So sê Temba Bavuma, kaptein van die Proteas in T20- en eendagkrieket, aan die vooraand van die nasionale span se seisoen.
Hy self het ná die plaaslike seisoen ’n rukkie af gehad, maar baie van sy spanmaats het nog nie juis ruskans gehad nie. Hulle is ná die Indiese Premierliga (IPL) in ’n reeks van vyf T20-wedstryde in Junie teen Indië gewikkel.