Dit was om homself en almal te herinner hy hoort in die span.
Temba Bavuma het sy skitterende honderdtal Sondag, wat gehelp om die eendagreeks teen Engeland in Bloemfontein te beklink, as ’n baie emosionele oomblik beskryf ná alles wat hy die laaste paar maande deurgemaak het.
Bavuma het as aanvangskolwer 109 lopies van 102 balle (14x4, 1x6) gemoker in Suid-Afrika se uitstekende, suksesvolle jaagtog van 347/5 in 49.1 beurte. Engeland se 342/7 was nie genoeg nie en die Proteas het met vyf paaljties gewen.