Die Proteas se Quinton de Kock en Anrich Nortjé gaan in Amerika se nuwe T20-reeks, Major League Cricket, in aksie wees.
Ses spanne speel in die reeks van 13 tot 30 Julie.
Die Kock gaan vir die Seattle Orcas beskikbaar wees, terwyl die snelbouler Nortjé vir Washington Freedom gaan speel.