Dit wil voorkom asof Suid-Afrika se nuwe beplande T20-krieketreeks ook kompetisie van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se T20-reeks kan kry.
Krieket Suid-Afrika (KSA) het in April aangekondig dat sy nuwe reeks – sy derde poging om ’n glansreeks soortgelyk aan die Indiese Premierliga te vestig – in Januarie, ná die Proteas se toer in Australië, sal begin.
Luidens berigte kan die VAE-reeks, waarin daar ook ses franchises gaan wees, dalk van 6 Januarie tot 12 Februarie gespeel word.