Faf du Plessis en Reeza Hendricks het Dinsdagaand op die Wanderers in Johannesburg hul kolfbeurt vir die Joburg Super Kings teen die Durban Super Giants soos skilpaaie begin en dit soos vlakhase geëindig.
Die Kings het die SA20-wedstryd met 8 paaltjies gewen en Du Plessis en Hendricks se bydrae was van deurslaggewende belang.
Die Giants het eerste gekolf en het 178/6 gekry en die Kings het die telling verbygesteekvmet nog vyf balle om geboul te word.