Dit sal ’n inspuiting vir vrouesport in Suid-Afrika wees as vrouekrieket by die program vir 2022 se Statebondspele ingesluit word.
Só sê Hilton Moreeng, afrigter van die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan, nadat die Statebondspele-federasie (CGF) vrouekrieket as ’n nuwe sport benoem het om deel van die program te wees in 2022 se toernooi in Birmingham, Engeland.
Die besluit moet nog bekragtig word deur die lede van die CGF, nadat die Internasionale Krieketraad (IKR) ’n voorlegging moes doen oor hoekom krieket deel van die Statebondspele moet wees.