T20-Wêreldbeker

Bavuma: ‘Ons respekteer elkeen se kniel-besluit’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Heinrich Klaasen kniel voor die wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande. Foto: Getty Images
Heinrich Klaasen kniel voor die wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande. Foto: Getty Images

Die Grondwet en vryheid van uitdrukking was Dinsdag groter gesprekspunte as paaltjies en lopies by die nuuskonferensie ná die Proteas se oorwinning met agt paaltjies oor die Wes-Indiese Eilande in hul kragmeting in die T20-Wêreldbeker-toernooi in Dubai.

Temba Bavuma, Protea-kaptein, is gepeper met vrae oor die opdrag deur Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad dat die span voor elke T20-WB-wedstryd moet kniel om solidariteit met die Black Lives Matter (BLM)-beweging te betoon en Quinton de Kock se gevolglike onttrekking aan die Windies-wedstryd. Bavuma, wat besluit het om self die nuuskonferensie by te woon in plaas daarvan om die Speler van die Wedstryd, Anrich Nortjé, te stuur soos die gebruik is, het nie teruggedeins vir enige van dié vrae nie.

Hy het verduidelik dat die Proteas Dinsdagoggend eers oor die raad se bevel ingelig is. Op hul busrit “van ’n uur en ’n half tot twee uur” na die stadion, het De Kock oënskynlik sy besluit geneem. Bavuma is daaroor ingelig toe hulle by die kleedkamer instap.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan