Engeland is die koning van witbalkrieket.
Hy het Sondag die eindstryd van die T20-Wêreldbeker (WB)-toernooi teen Pakistan in Melbourne, Australië, met vyf paaltjies gewen.
Engeland is nou die wêreldkampioen in eendaagse- en T20-krieket. Hy het die 50-boulbeurt-weergawe in 2018 op tuisbodem gewen.